Skip to content
  • TUIS
  • KONSENTRASIEKAMPE
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
      • VEREENIGING
      • VOLKSRUST
    • ORANJE VRYSTAAT
      • BETHULIE
      • BLOEMFONTEIN
      • BRANDFORT
      • KROONSTAD
      • SPRINGFONTEIN
      • VREDEFORTWEG
      • WINBURG
    • NATAL
      • COLENSO
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • BUFFELSRIVIER
      • BURGERSDORP
      • DOORNBULT – ORANJERIVIER STASIE
      • DOUGLAS
      • KIMBERLEY
      • MAFEKING
      • PORT ELIZABETH
      • UITENHAGE
      • VRYBURG
    • ANDER
      • EDENBURG
  • MONUMENTE
    • BLOUKRANS MONUMENT
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • SLAG VAN BERGENDAL
      • SLAG VAN BLOEDRIVIER
      • BELEG VAN ELANDSRIVIER / BRAKFONTEIN / BUFFELSHOEK: 3 – 16 AUGUSTUS 1900
  • PROJEKTE
    • BURGER GRAF OPRUIMING – RUSTENBURG BEGRAAFPLAAS
    • BURGER GRAF OPRUIMING – SLAG VAN FREDERIKSTAD
  • BURGERS
    • STEPHANUS JOHANNES PAULUS KRUGER
  • WIE IS ONS
    • KONTAK ONS
« Ouer Artikels
Meer Onlangse Artikels »
Published: September 9, 2014 by Admin

GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN SEPTEMBER

5 September 1900 – Slag van Gatsrand
5 September 1900 – Sterfdag van Danie (Daniël Johannes Stephanus) Theron
15 September 1914 – Sterfdag van Koos (Jakobus Herculaas) De La Rey
17 September 1901 – Slag van Bloedrivierspoort
29 September 1901 – Slag van Moedwil

Indien U weet van nog gebeure in die geskiedenis van die Boervolk, laat weet ons gerus by info@boervolkerfenisbewaring.co.za

Posted in Uncategorized | Comments closed
Published: August 27, 2014 by Admin

SLAG VAN BERGENDAL

Louis Botha se kommando, ‘n gerame sewe duisend man, met twintig kanonne, waaronder etlike Long Toms, beheer die spoorweg tussen Belfast en Kruger se hoofkwartier na die ooste.
Hulle kom te staan teen 19,000 Britte met 82 kanonne.

Die slag van Berg en Dal, begin op 27 Augustus met ‘n aanslag deur die kavallerie, opgevolg deur die gebruiklike artillerie bombardement. Buller het die taktiese sleutel tot Botha se stelling gewaar, Dit is die groot rooi koppie naby die plaas Berg en Dal, ‘n warboel van grillerige rotse wat oor ‘n afstand van drie akker opmekaar gestapel is. As hy hierdie koppie verower, sal hy die Boerelinie in twee verdeel en hul terugtog roete verder bedreig. Anders as Spioenkop kan dit nie van agter of van die kante gesteun word nie. Botha het die deurslaggewende koppie aan sestig van sy beste manne toevertrou, die ZARP’s, lede van die Republikeinse Polisiemag. Hulle kry ‘n pom-pom (snelvurende, automatiese kanon) en eenvoudige bevel: hou dit tot die dood.
Read More »

Posted in Uncategorized | Leave a comment
Published: August 20, 2014 by Admin

BELEG VAN ELANDSRIVIER / BRAKRIVIER / BUFFELSHOEK 3 – 16 AUGUSTUS 1900

Die Britte wou die Pretoria – Mafeking spoorlyn teen moontlike aanvalle beskerm en het ’n wagpos op die plaas Brakrivier aan die Elandsrivier opgerig onder bevel van Kolonel Charles Owen Hore. Die kamp was geleë op ’n lae plato langs die pad. In hierdie kamp was ongeveer 500 man waaronder daar 299 man van die Queensland Imperial Bushmen (vrywilligers uit Australië – wat teen die Boere kom veg het saam met Brittanje) was.
Die res was van die 1st, 2nd en 3rd Rhodesian Field Force.
Daar was hope voorrade hier opgegaar.

As gevolg van al die teenslae wat hy in die Wes-Transvaal gely het, het Lord Roberts besluit om die afgesonderde buitepos te ontruim. Die patrollies van die pos het gedurig onder die Boere deurgeloop. Hy het Generaal F. Carrington met 1000 man en ses kanonne gestuur om te gaan help om die pos na Mafeking te verskuif.
Op 2 Augustus arriveer ’n konvooi van tagtig waens vanaf Zeerust, hulle moet by die buitepos by Elandsrivier wag op die soldate wat die konvooi moet begelei tot in Mafeking. Maar wat niemand in die kamp geweet het nie is dat Generaal De La Rey se Kommando van 500 man gedurende die nag van 3 tot 4 Augustus die hele kamp omsingel het. Read More »

Posted in Uncategorized | Leave a comment
Published: August 20, 2014 by Admin

OU ZAR GRONDWET – 1885

Transvaal

Een van die  ou ZAR Grondwette is klaar oorgetik en voltooi.
Om die dokument op U rekenaar af te laai, klik hier  ZAR Grondwet 1885

Al die foute wat in die oorspronklike dokument gemaak is, is net so oorgedra in die oorgetikte weergawe.
Die foto’s van die oorspronklike dokument kan by die onderstaande skakel afgelaai word, vir verwysing:

www.boervolkerfenisbewaring.co.za/uploads/zargrondwet1885.zip

Posted in Uncategorized | Leave a comment
Published: August 15, 2014 by Admin

TRANSVAAL SE VOLKSLIED

Kent gij dat volk vol heldenmoed
En toch zo lang geknecht?
Het heeft geofferd goed en bloed
Voor Vryheid en voor recht.
Komt, burgers! laat de vlaggen wapp’ren,
Ons lijden is voorbij;
Roemt in de zege onzer dapp’ren:
Dat vrije volk’zijn wij!
Dat vrije volk,
Dat vrije volk,
Dat vrije, vrije volkzijn wij!

Kent gij dat land, zo schaars bezocht
En toch zo heerlik schoon;
Waar de natuur haar wond’ren wrocht,
En kwistig stelt ten toon?
Transvalers! laat ons feestlied schallen!
Daar waar ons volk hield stand,
Waar onsze vreugdeshonten knallen,
Daar is ons vaderland!
Dat heerlik land,
Dat heerlik land,
Dat is, dat is ons vaderland!

Kent gij die Staat, nog maar een kind
In ‘swerelds Statenrij,
Maar tog door’t machtig Brits bewind
Weleer verklaard voor vrij?
Transvalers! edel was uw streven,
En pijnlik onze smaad,
Maar God die uitkomst heeft gegeven,
Zijn lof voor d’eigen Staat!
Looft onze God!
Looft onze God!
Looft onze God voor land en Staat!

Posted in Uncategorized | Leave a comment
Published: August 5, 2014 by Admin

GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN AUGUSTUS

7 Augustus 1900 – Slag van Tygerfontein

12 Augustus 1923 – Sterf datum van Jacoba Elizabeth (Geb. Greeff) De La Rey

3 – 16 Augustus 1900 – Slag van Elandsrivier ( ook bekend as Slag van Brakfontein of Buffelshoek)

27  Augustus 1900 – Slag van Bergendal

29 Augustus 1848 – Slag van Boomplaats

Indien U weet van nog gebeure in die geskiedenis van die Boervolk, laat weet ons gerus by info@boervolkerfenisbewaring.co.za

Posted in Uncategorized | Leave a comment
Published: July 7, 2014 by Admin

STEPHANUS JOHANNES PAULUS KRUGER

Pres Kruger 001

(Laaste President van die Zuid – Afrikaansche Republiek)

Gebore: 10 Oktober 1825
Oorlede: 14 Julie 1904
Begrawe: Kerkstraat Begraafplaas, Pretoria-Wes

Pres Kruger Graf1

Getroud met:
Maria du Plessis (1)
Gezina Suzanna Frederika Wilhelmina du Plessis (2)

GEZINA SUZANNA FREDERIKA WILHELMINA DU PLESSIS

Gezina Kruger

Gebore: 5 Mei 1831
Oorlede: 20 Julie 1901
Begrawe: Kerkstraat Begraafplaas, Pretoria-Wes

Grafsteen van Gezina du Toit

Bronnelys:

Boeke:
The Republican Presidents – Volume 2 deur Doreen Lamb

Foto’s:
www.eggsa.org Grafsteen versameling van die elektroniese tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika. (Datum: 16/06/2014)
The Republican Presidents – Volume 2 deur Doreen Lamb

Posted in Uncategorized | Leave a comment
Published: July 7, 2014 by Admin

GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN JULIE

14 Julie 1904 – Sterftedatum van President S.J.P. Kruger

28 – 30 Julie 1900 – Slag van Slaapkranz (ook bekend as Surrender Hill)

Indien U weet van nog gebeure in die geskiedenis van die Boervolk, laat weet ons gerus by info@boervolkerfenisbewaring.co.za

Posted in Uncategorized | Leave a comment
Published: June 15, 2014 by Admin

RAAK BETROKKE

Hoe raak mens betrokke by die bewaring van Boervolk Erfenisse?

Hier is ‘n paar voorbeelde:

• Indien U kan of wil reis en van die Erfenisse wil besoek, kontak ons en laat weet vir ons waar U woon of waar U graag wil heen gaan, dan kan ons ‘n lysie opstel van Erfenisse waar U gerus kan gaan inloer, foto’s neem en terug rapporteer, hoe die plek onder hou word, wat die regte Koördinate is, ens. Party maal kan so ‘n uitstappie baie maklik wees en ander kere is dit ‘n groot soektog. Persone wat graag op hierdie manier wil betrokke raak moet net asseblief kennis neem dat ons nog nie al die Erfenisterreine self besoek het nie en dus nie weet van almal of waar almal is nie, maar ons probeer om op datum te kom met al die Erfenisterreine wat bestaan en hulp in hierdie verband sal baie waardeer word.
• Indien U behendig is met taal en graag skryf, kan U selfs in hierdie opsig betrokke raak om byvoorbeeld ‘n berig te skryf oor wat plaas gevind het by ‘n slagveld, sodat die berig op die web blad geplaas kan word, met ‘n Bronnelys natuurlik. Of selfs vertalings van Afrikaans na Engels.
• Indien U slegs finansiële hulp wil aanbied ter bewaring van Boer erfenisse, dan is dit ook welkom en kan U ons vir die inligting kontak.
• Indien U enige items wil skenk wat uit die Boere Republieke se tyd of voorheen dateer is dit ook baie welkom.
• Indien U belang stel om ‘n spesifieke Erfenis terrein in U omgewing te versorg en na om te sien, kan U ons ook kontak sodat ons dit kan aanteken en sodra moontlik na verdere stappe oor te gaan.
• Indien U dalk reeds ‘n paar Erfenis terreine besoek het en foto’s daarvan aan ons wil skenk vir die webblad se gebruik is dit ook baie welkom.
• Indien daar ’n opruimings projek in U omgewing geloods word, kan U ons gerus kom help en ook op die manier betrokke raak.
• Indien U weet van ander Erfenis terreine wat ook te doen het met die Boervolk se geskiedenis soos byvoorbeeld: Britse gedenk tuine, Blokhuise, Forte of selfs Swart Konsentrasiekampe, laat weet ons ook van dit, sodat daar rekord van dit gehou kan word aangesien dit inskakel by die Boervolk se geskiedenis.

Indien U selfs aan nog voorbeelde en wenke kan dink, laat weet ons gerus by: info@boervolkerfenisbewaring.co.za

Posted in Uncategorized | 2 Responses
Published: June 14, 2014 by Admin

CHRISTIAAN RUDOLPH DE WET

Generaal Christiaan De Wet 001

Gebore: 7 Oktober 1854
Oorlede: 3 Februarie 1922
Begrawe: Vrouemonument, Bloemfontein

6 - De Wet, Christiaan RudolfSoos afgeneem April 2012

Bronnelys:

Foto’s:
Boere Republieke, fotoversameling (www.boererepublieke.co.za)
Die Helde Album, deur P.H.S. van Zyl

Posted in Uncategorized | Leave a comment
« Older posts
Newer posts »

    Taal

    Afrikaans | English

Powered by WordPress. Built on the Thematic Theme Framework.