Skip to content
  • TUIS
  • KONSENTRASIEKAMPE
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
      • VEREENIGING
      • VOLKSRUST
    • ORANJE VRYSTAAT
      • BETHULIE
      • BLOEMFONTEIN
      • BRANDFORT
      • KROONSTAD
      • SPRINGFONTEIN
      • VREDEFORTWEG
      • WINBURG
    • NATAL
      • COLENSO
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • BUFFELSRIVIER
      • BURGERSDORP
      • DOORNBULT – ORANJERIVIER STASIE
      • DOUGLAS
      • KIMBERLEY
      • MAFEKING
      • PORT ELIZABETH
      • UITENHAGE
      • VRYBURG
    • ANDER
      • EDENBURG
  • MONUMENTE
    • BLOUKRANS MONUMENT
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • SLAG VAN BERGENDAL
      • SLAG VAN BLOEDRIVIER
      • BELEG VAN ELANDSRIVIER / BRAKFONTEIN / BUFFELSHOEK: 3 – 16 AUGUSTUS 1900
  • PROJEKTE
    • BURGER GRAF OPRUIMING – RUSTENBURG BEGRAAFPLAAS
    • BURGER GRAF OPRUIMING – SLAG VAN FREDERIKSTAD
  • BURGERS
    • STEPHANUS JOHANNES PAULUS KRUGER
  • WIE IS ONS
    • KONTAK ONS
Meer Onlangse Artikels »
Published: June 2, 2014 by Admin

GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN JUNIE

7 Junie 1900 – Slag van Rooiwal

8 Junie 1900 – Slag van Botha’s Pas

11 Junie 1900 – Slag van Alleman Nek (ook bekend as Slag van Alemans Nek of Almond’s Nek)

11 – 12 Junie 1900 – Slag van Donkerhoek (ook bekend as Slag van Diamond Hill)

Indien U weet van nog gebeure in die geskiedenis van die Boervolk, laat weet ons gerus by info@boervolkerfenisbewaring.co.za

Posted in Uncategorized | Leave a comment
Published: May 25, 2014 by Admin

BURGER GRAF OPRUIMING – RUSTENBURG BEGRAAFPLAAS

Op die 24ste Mei 2014 het ’n paar Volksgenote bymekaargekom om die Burger grafte in die Rustenburg begraafplaas op te ruim.

IMG_9452

Almal was opgeruimd en het dadelik aan die werk gespring.
Die eerste taak wat verrig moes word, was om al die rommel op te ruim en weg te dra.
Daarna is die gras kort gesny en tot almal se verbasing, is daar ’n reghoekige graniet raam om die monument ontdek!

IMG_9463

IMG_9468

Toe is daar met grawe ingespring om die raam oop te maak en die gras aan die binnekant uit te haal. Daar gevind dat daar ’n sement blad onder al die gras en grond is.
Die grond is toe verwyder en skoon gevee.

IMG_9470

IMG_9481

Almal was moeg maar die eindresultaat was baie bevredigend om te aanskou.

IMG_9492

IMG_9496

Al hierdie foto’s is geneem op die 24ste Mei 2014

Hierdie skoonmaak aksie was die begin van baie werk vir die toekoms. Hierdie Burger grafte sal van nou af op ’n maandelikse basis geïnspekteer moet word sodat dit in standgehou kan word.

Baie dankie aan elke persoon wat kom help het met hierdie opruiming ons hoop om almal weer spoedig te sien!

Koördinate van ingangshek van begraafplaas: S25°40’29.52″ E27°14’42.27″

Posted in Uncategorized | 1 Response
Published: May 17, 2014 by Admin

GESKIEDKUNDIGE GEBEURE VIR DIE MAAND MEI

6 Mei 1902  – Slag van Holkrans

20 Mei 1900 – Slag van Scheeper’s Nek

24 Mei 1842 – Slag van Congella

29 Mei 1900  – Slag van Doornkop (ook bekend as Slag van Johannesburg, Crows’ Nest Hill, Klipriviersberg of Doringkop)

29 Mei 1900 – Slag van Biddulphsberg

29 Mei 1901 – Slag van Vlakfontein

30 Mei 1900 – Slag van Fabersput

Indien U weet van nog gebeure in die geskiedenis van die Boervolk, laat weet ons gerus by info@boervolkerfenisbewaring.co.za

Posted in Uncategorized | Leave a comment
Published: April 16, 2014 by Admin

WELKOM

Welkom by die webblad van Boervolk Erfenis Bewaring.

Boervolk Erfenis Bewaring, registrasie nommer 2014/029430/08, is ’n nie-winsgewende maatskappy wat gestig is vir die bewaring van die Boervolk se erfenis.

Na vele besoeke aan verskillende Boer erfenis terreine is daar bevind dat dit in ’n baie slegte toestand is en onmiddellike aandag benodig, daarom is hierdie maatskappy in die lewe geroep.

Brandfort (9)

 

Brandfort (10)

Brandfort (19)

Ons doen ’n beroep op ons Volksgenote om ons te help met die bewaring van hierdie erfenis terreine vir die nageslag. Hierdie terreine is besig om heeltemal tot niet te gaan en indien daar nie baie dringend aandag aan geskenk gaan word nie, sal daar niks meer oor wees vir die nageslag nie.

Marthinus Jacobus Prinsloo (1)

Dit gaan nie help om vir iemand anders (soos die munisipaliteit) te wag om die Boervolk se erfenisse te onderhou nie. In die eerste plek gaan dit nie gebeur nie, tweedens is dit die verantwoordelikheid van die afstammelinge van die Boervolk om SY EIE erfenisse in stand te hou. Die Boervolk alleen is aanspreeklik vir sy eie erfenis.

Ons kan nie wag vir ’n leier om op te staan en die pad vorentoe aan te wys nie, daar SAL en MAG nie een wees nie. Die Boervolk het hom nog altyd geskoei op Republikeinse beginsels, wat beteken dat die Volk regeer en nie ’n leier nie. Die Volk het vir hulle administrasie amptenare aangestel om die wil van die Volk uit te voer.  Die voordeel hiervan is dat daar geen persoon is wat afgepers of omgekoop kan word of besluite kan neem vir eie gewin nie. Sodra die persoon nie sy pligte uitvoer nie, word hy onmiddellik van sy pos onthef en iemand anders word in sy plek aangestel.

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat ons Vader vir ons gegee het.

Die eer verskuldig aan ons voorouers het nie plaasgevind nie. Boervolk waar is U land nou, wat ons Vader aan ons voorouers gegee het? Hoekom is ons dae nie verleng nie?

Kom laat ons opstaan en ons erfenisse in besit neem, herstel en onderhou.
Deel van die proses is om ons Boervolk se geskiedenis te leer en te verstaan.
Uit die foute van die verlede moet ons leer en nie weer dieselfde foute maak nie, sodat die erfenis bewaar kan bly vir die nageslag.

Deur al hierdie sake aan te spreek, te ondersoek en te herstel, alleen dan kan ons weer terugkeer na ons Vader, om Hom te vra om ons te herstel in die land wat Hy aan ons voorouers gegee het.
Dit hang af van ons Boere wat nou leef of die Boervolk gaan oorleef of uitsterf. Op hierdie oomblik is ons as Boervolk op die rand van uitsterf.

Ons moet ons verantwoordelikheid besef. Die Gelofte van 16 Desember 1838 en die Verbond van Paardekraal in 1880 is gemaak deur ons voorouers en daarom is dit NET op die Boervolk van toepassing.

Foto (2)

Foto (1)

Foto (3)

Waarvoor het hulle gely?

Vra U self af indien hierdie kinders vandag voor U staan en vra wat het U gedoen om ons Volk te bemoedig, op te bou en te onderhou, wat kan U antwoord?

Boervolk, laat ons opstaan en ons verantwoordelikheid ernstig opneem. Ons is die Boervolk, ons kan enige iets vermag wat ons ons op toespits. Kyk na die verlede en U sal verstaan dat geen taak vir ons te groot is nie.

Eendracht maakt magt!

Posted in Uncategorized | Leave a comment
Newer posts »

    Taal

    Afrikaans | English

Powered by WordPress. Built on the Thematic Theme Framework.