Skip to content
  • TUIS
  • KONSENTRASIEKAMPE
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
      • VEREENIGING
      • VOLKSRUST
    • ORANJE VRYSTAAT
      • BETHULIE
      • BLOEMFONTEIN
      • BRANDFORT
      • KROONSTAD
      • SPRINGFONTEIN
      • VREDEFORTWEG
      • WINBURG
    • NATAL
      • COLENSO
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • BUFFELSRIVIER
      • BURGERSDORP
      • DOORNBULT – ORANJERIVIER STASIE
      • DOUGLAS
      • KIMBERLEY
      • MAFEKING
      • PORT ELIZABETH
      • UITENHAGE
      • VRYBURG
    • ANDER
      • EDENBURG
  • MONUMENTE
    • BLOUKRANS MONUMENT
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • SLAG VAN BERGENDAL
      • SLAG VAN BLOEDRIVIER
      • BELEG VAN ELANDSRIVIER / BRAKFONTEIN / BUFFELSHOEK: 3 – 16 AUGUSTUS 1900
  • PROJEKTE
    • BURGER GRAF OPRUIMING – RUSTENBURG BEGRAAFPLAAS
    • BURGER GRAF OPRUIMING – SLAG VAN FREDERIKSTAD
  • BURGERS
    • STEPHANUS JOHANNES PAULUS KRUGER
  • WIE IS ONS
    • KONTAK ONS
GESKIEDKUNDIGE GEBEURE VIR DIE MAAND MEI »
Published: April 16, 2014 by Admin

WELKOM

Welkom by die webblad van Boervolk Erfenis Bewaring.

Boervolk Erfenis Bewaring, registrasie nommer 2014/029430/08, is ’n nie-winsgewende maatskappy wat gestig is vir die bewaring van die Boervolk se erfenis.

Na vele besoeke aan verskillende Boer erfenis terreine is daar bevind dat dit in ’n baie slegte toestand is en onmiddellike aandag benodig, daarom is hierdie maatskappy in die lewe geroep.

Brandfort (9)

 

Brandfort (10)

Brandfort (19)

Ons doen ’n beroep op ons Volksgenote om ons te help met die bewaring van hierdie erfenis terreine vir die nageslag. Hierdie terreine is besig om heeltemal tot niet te gaan en indien daar nie baie dringend aandag aan geskenk gaan word nie, sal daar niks meer oor wees vir die nageslag nie.

Marthinus Jacobus Prinsloo (1)

Dit gaan nie help om vir iemand anders (soos die munisipaliteit) te wag om die Boervolk se erfenisse te onderhou nie. In die eerste plek gaan dit nie gebeur nie, tweedens is dit die verantwoordelikheid van die afstammelinge van die Boervolk om SY EIE erfenisse in stand te hou. Die Boervolk alleen is aanspreeklik vir sy eie erfenis.

Ons kan nie wag vir ’n leier om op te staan en die pad vorentoe aan te wys nie, daar SAL en MAG nie een wees nie. Die Boervolk het hom nog altyd geskoei op Republikeinse beginsels, wat beteken dat die Volk regeer en nie ’n leier nie. Die Volk het vir hulle administrasie amptenare aangestel om die wil van die Volk uit te voer.  Die voordeel hiervan is dat daar geen persoon is wat afgepers of omgekoop kan word of besluite kan neem vir eie gewin nie. Sodra die persoon nie sy pligte uitvoer nie, word hy onmiddellik van sy pos onthef en iemand anders word in sy plek aangestel.

Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat ons Vader vir ons gegee het.

Die eer verskuldig aan ons voorouers het nie plaasgevind nie. Boervolk waar is U land nou, wat ons Vader aan ons voorouers gegee het? Hoekom is ons dae nie verleng nie?

Kom laat ons opstaan en ons erfenisse in besit neem, herstel en onderhou.
Deel van die proses is om ons Boervolk se geskiedenis te leer en te verstaan.
Uit die foute van die verlede moet ons leer en nie weer dieselfde foute maak nie, sodat die erfenis bewaar kan bly vir die nageslag.

Deur al hierdie sake aan te spreek, te ondersoek en te herstel, alleen dan kan ons weer terugkeer na ons Vader, om Hom te vra om ons te herstel in die land wat Hy aan ons voorouers gegee het.
Dit hang af van ons Boere wat nou leef of die Boervolk gaan oorleef of uitsterf. Op hierdie oomblik is ons as Boervolk op die rand van uitsterf.

Ons moet ons verantwoordelikheid besef. Die Gelofte van 16 Desember 1838 en die Verbond van Paardekraal in 1880 is gemaak deur ons voorouers en daarom is dit NET op die Boervolk van toepassing.

Foto (2)

Foto (1)

Foto (3)

Waarvoor het hulle gely?

Vra U self af indien hierdie kinders vandag voor U staan en vra wat het U gedoen om ons Volk te bemoedig, op te bou en te onderhou, wat kan U antwoord?

Boervolk, laat ons opstaan en ons verantwoordelikheid ernstig opneem. Ons is die Boervolk, ons kan enige iets vermag wat ons ons op toespits. Kyk na die verlede en U sal verstaan dat geen taak vir ons te groot is nie.

Eendracht maakt magt!

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.
GESKIEDKUNDIGE GEBEURE VIR DIE MAAND MEI »

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

*
*

    Taal

    Afrikaans | English

    NUUS

    • GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN OKTOBER

      2 Oktober 1857 – Geboortedag van Marthinus Theunis Steyn (Laaste president van die Oranje Vrystaa…

    • GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN SEPTEMBER

      5 September 1900 – Slag van Gatsrand
      5 September 1900 – Sterfdag van Danie (Daniël Johannes S…

    • BUFFELSRIVIER KONSENTRASIE KAMP

      STERFTES
      Persone onder die ouderdom van 15 jaar : Onbekend
      Persone bo die ouderdom van 15 jaar : O…

    • VRYBURG KONSENTRASIEKAMP STERFTE LYS

      Soos deur een van ons lesers aangevra, publiseer ons nou die naamlys van die sterftes wat voorgekom…

    • BURGER GRAF OPRUIMING – SLAG VAN FREDERIKSTAD

      Op die 6de Februarie 2016 het ’n paar Volksgenote onder die inisiatief van Rudie Rousseau, bymekaa…

Powered by WordPress. Built on the Thematic Theme Framework.