Skip to content
  • TUIS
  • KONSENTRASIEKAMPE
    • TRANSVAAL
      • BALMORAL
      • BARBERTON
      • BELFAST
      • BRONKHORSTSPRUIT
      • HEIDELBERG
      • IRENE
      • KRUGERSDORP
      • MIDDELBURG
      • STANDERTON
      • VEREENIGING
      • VOLKSRUST
    • ORANJE VRYSTAAT
      • BETHULIE
      • BLOEMFONTEIN
      • BRANDFORT
      • KROONSTAD
      • SPRINGFONTEIN
      • VREDEFORTWEG
      • WINBURG
    • NATAL
      • COLENSO
      • HOWICK
      • ISIPINGO
      • JACOBS
      • MEREBANK
    • KAAP
      • ALIWAL NOORD
      • BUFFELSRIVIER
      • BURGERSDORP
      • DOORNBULT – ORANJERIVIER STASIE
      • DOUGLAS
      • KIMBERLEY
      • MAFEKING
      • PORT ELIZABETH
      • UITENHAGE
      • VRYBURG
    • ANDER
      • EDENBURG
  • MONUMENTE
    • BLOUKRANS MONUMENT
    • PAARDEKRAAL MONUMENT
    • VROUE MONUMENT
    • SLAGVELDE
      • SLAG VAN BERGENDAL
      • SLAG VAN BLOEDRIVIER
      • BELEG VAN ELANDSRIVIER / BRAKFONTEIN / BUFFELSHOEK: 3 – 16 AUGUSTUS 1900
  • PROJEKTE
    • BURGER GRAF OPRUIMING – RUSTENBURG BEGRAAFPLAAS
    • BURGER GRAF OPRUIMING – SLAG VAN FREDERIKSTAD
  • BURGERS
    • STEPHANUS JOHANNES PAULUS KRUGER
  • WIE IS ONS
    • KONTAK ONS
« CHRISTIAAN RUDOLPH DE WET
GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN JULIE »
Published: June 15, 2014 by Admin

RAAK BETROKKE

Hoe raak mens betrokke by die bewaring van Boervolk Erfenisse?

Hier is ‘n paar voorbeelde:

• Indien U kan of wil reis en van die Erfenisse wil besoek, kontak ons en laat weet vir ons waar U woon of waar U graag wil heen gaan, dan kan ons ‘n lysie opstel van Erfenisse waar U gerus kan gaan inloer, foto’s neem en terug rapporteer, hoe die plek onder hou word, wat die regte Koördinate is, ens. Party maal kan so ‘n uitstappie baie maklik wees en ander kere is dit ‘n groot soektog. Persone wat graag op hierdie manier wil betrokke raak moet net asseblief kennis neem dat ons nog nie al die Erfenisterreine self besoek het nie en dus nie weet van almal of waar almal is nie, maar ons probeer om op datum te kom met al die Erfenisterreine wat bestaan en hulp in hierdie verband sal baie waardeer word.
• Indien U behendig is met taal en graag skryf, kan U selfs in hierdie opsig betrokke raak om byvoorbeeld ‘n berig te skryf oor wat plaas gevind het by ‘n slagveld, sodat die berig op die web blad geplaas kan word, met ‘n Bronnelys natuurlik. Of selfs vertalings van Afrikaans na Engels.
• Indien U slegs finansiële hulp wil aanbied ter bewaring van Boer erfenisse, dan is dit ook welkom en kan U ons vir die inligting kontak.
• Indien U enige items wil skenk wat uit die Boere Republieke se tyd of voorheen dateer is dit ook baie welkom.
• Indien U belang stel om ‘n spesifieke Erfenis terrein in U omgewing te versorg en na om te sien, kan U ons ook kontak sodat ons dit kan aanteken en sodra moontlik na verdere stappe oor te gaan.
• Indien U dalk reeds ‘n paar Erfenis terreine besoek het en foto’s daarvan aan ons wil skenk vir die webblad se gebruik is dit ook baie welkom.
• Indien daar ’n opruimings projek in U omgewing geloods word, kan U ons gerus kom help en ook op die manier betrokke raak.
• Indien U weet van ander Erfenis terreine wat ook te doen het met die Boervolk se geskiedenis soos byvoorbeeld: Britse gedenk tuine, Blokhuise, Forte of selfs Swart Konsentrasiekampe, laat weet ons ook van dit, sodat daar rekord van dit gehou kan word aangesien dit inskakel by die Boervolk se geskiedenis.

Indien U selfs aan nog voorbeelde en wenke kan dink, laat weet ons gerus by: info@boervolkerfenisbewaring.co.za

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.
« CHRISTIAAN RUDOLPH DE WET
GESKIEDKUNDIGE GEBEURE IN JULIE »

2 Comments