Boervolk Erfenis Bewaring, registrasie nommer 2014/029430/08, is ’n nie-winsgewende maatskappy wat gestig is vir die bewaring van die Boervolk se erfenis.
MISSIE
Die uitvoerende raad onderneem:
Om met die gesag van Republikeinse beginsels te bestuur.
Om die Boererfenisse te bestuur en bewaar namens die Boervolk.
Die Boervolk sal lede afvaardig uit die Boervolk vir die bewaring en bestuur van Boererfenisse.
Hierdie lede moet die Boervolk dien met suiwer Boerwaardes en beginsels op ‘n deursigtige wyse, met volle verantwoordelikheid teenoor die Boervolk.
Die lede van die Boervolk sal saam met SAEHA (Suid Afrikaanse Erfenis Hulpbron Agentskap) en ander belanghebbende rolspelers saamwerk, met onderlinge respek.
Daar sal ook met ander belanghebbende swart bewaringsorganisasies saam gewerk word, vir die herstel van gemeenskaplike erfenisse soos swart konsentrasiekamp terreine en begraafplase.
Net so ook sal daar saamgewerk word met die belanghebbende organisasies vir die bewaring van die Britse begraafplase asook die grafte op die slagvelde.
Die belangrikste doelstelling is om hierdie Boererfenisse te bestuur, benut, onderhou en bewaar vir die nageslag.
Die Boervolk erfenisse van historiese belang is:
• Alle konsentrasiekamp terreine en konsentrasiekamp begraafplase met inbegrip van
bondgenote en gedenkwaardighede, as gemeenskaplike erfenisse.
• Slagveld terreine en slagveld begraafplase
• Burger grafte
• Monumente
• Historiese oudhede en dergelike voorwerpe
• Kultuurterreine, kultuursimbole en Volksgebruike
• Museums
• Krygsgevangene kampe met hulle begraafplase
• Alle Voortrekkererfenisse
• Boerforte
• Britseforte
• Boerondersteuners gedenkplekke
• Boereie naam en Waardes ensovoorts
Die lys is vanselfsprekend nie volledig nie en bly oop vir byvoegings.
Die hoofdoel en belang is binne die grense van die Boere Republieke naamlik Transvaal en Oranje Vrystaat, maar sluit nie die Boererfenisse buite die grense uit nie.
8 Comments