BURGER GRAF OPRUIMING – RUSTENBURG BEGRAAFPLAAS
Op die 24ste Mei 2014 het ’n paar Volksgenote bymekaargekom om die Burger grafte in die Rustenburg begraafplaas op te ruim.
Almal was opgeruimd en het dadelik aan die werk gespring.
Die eerste taak wat verrig moes word, was om al die rommel op te ruim en weg te dra.
Daarna is die gras kort gesny en tot almal se verbasing, is daar ’n reghoekige graniet raam om die monument ontdek!
Toe is daar met grawe ingespring om die raam oop te maak en die gras aan die binnekant uit te haal. Daar gevind dat daar ’n sement blad onder al die gras en grond is.
Die grond is toe verwyder en skoon gevee.
Almal was moeg maar die eindresultaat was baie bevredigend om te aanskou.
Al hierdie foto’s is geneem op die 24ste Mei 2014
Hierdie skoonmaak aksie was die begin van baie werk vir die toekoms. Hierdie Burger grafte sal van nou af op ’n maandelikse basis geïnspekteer moet word sodat dit in standgehou kan word.
Baie dankie aan elke persoon wat kom help het met hierdie opruiming ons hoop om almal weer spoedig te sien!
Koördinate van ingangshek van begraafplaas: S25°40’29.52″ E27°14’42.27″